![]() |
![]() |
Terra K Sil
Terra K Sil bevat 45,1 gram K en 37,5 gram Si per liter met 15%(v/v) fulviensuur. Die silikaat inhoud is 101,8 gram per liter.
Silikaat speel ‘n belangrike rol in die vervaardiging van lignien, die strukturele komponent van selwande.
In plante met ’n verhoogde silikon inhoud word waterverlies deur die blaar tranpirasie beperk as gevolg van die epidermale akkumulasie van silikon. Hierdie akkumulasie van silikon in die epidermis verhoog die blaar se weerstand teen aanvalle van swamme veral donsige skimmel en poeieragtige meeldou. Verskeie gewasse wat met silikate behandel is wys ook verhoogde weerstand teen insek aanvalle.
Toediening as blaarbespuiting: Dien toe teen 1-2 liter per hektaar in 200 –800 liter water per hektaar per week.
![]()
M.S.D. information (PDF format)

