
Tamaties
onder die ervare hand van Dr Izak Cronje, hoof van Terra Dynamics se wetenskaplike
span, is 'n toonbeeld van prestasie.
'n Kwart hektaar nethuis in Hoedspruit is geplant met FX 593 tamaties teen 'n plantestand van 33 000 plante per hektaar.
Vir die organiese (koolstof) deel van die bemestingsprogram is 400 kg Terra Profarm per hektaar ('n vaste humien- en fulviensuur bevattende produk) voor plant in die plantrif ingewerk. Met plant is 300 liter Terra Dynamics humiensuur per hektaar deur die dripstelsel toegedien en op nege weke 'n verdere 200 liter Terra Dynamics humiensuur per hektaar.
Hierdie organiese (koolstof) gedeelte het nagenoeg 12% (R1 450.00 per hektaar) van die totale bemestingprogram koste uitgemaak.
Die gebalanseerde plantvoedingsprogram van Terra Dynamics, waarby koolstof op die regte tyd, in die regte hoeveelheid, in die regte vorm geïntegreer is, het gemik vir 'n opbrengs van 150 ton per hektaar.
Driekwart deur die oes is die 150 ton merk verbygesteek en aangepas na 'n verwagte 180 ton per hektaar. Teen 14 November is 180 ton reeds geoes en die verwagte opbrengs aangepas na 200 ton per hektaar.
Die tamaties is reeds 35 weke oud en produseer steeds goeie groot bemarkbare tamaties, met die 200 ton per hektaar verwagting so te sê in die sak.
Die buitengewone verhoging in winsgewendheid met 'n klein verandering in insetkoste is voor die handliggend.
Die kompeterende voordeel wat Terra Dynamics aan sy kliënte bied met spanlede soos Dr Izak is reeds onteenseglik bewys. Sy doktorsgraad in organiese chemie en sy meestergraad in bio-chemie, asook sy jarelange ervaring in die aanwending van organiese sure (humien- en fulviensure) gee aan Terra Dynamics se kliente 'n uitsoek wetenskaplike ondersteuningsdiens.
Kontrole
(Fig B)
Die kombinasie van Terra Dynamics en Dagutat Biolab produkte bring nuwe hoop vir tamatieboere met bakteriese verwelk wat meer organies wil boer.
Alex tamaties is onder skadudoek in die Brits omgewing geplant. Beide kontrole en behandeling het 100g/m2 metielbromied ontvang voor plant. Die bemesting was vir beide blokke dieselfde en sluit TD fulviensuur in. By die kontrole (0.5ha) is drie ingevoerde produkte toegedien wat ondermeer mikro-organismes insluit. Verder is ook drie verskillende standaard pestisiede toegedien.
Die behandeling (0.5ha), direk langs die kontrole, het voor en na plant TD humiensuur ontvang wat dien as energiebron vir die mikro-organisme produkte van Dagutat Biolab. TD humiensuur optimaliseer ook plantgroei wat die plant se weerstand teen siektes verhoog.
Biologiese
beheer saam met organies as koolstof (Fig A)
Drie biologiese beheer produkte van Dagutat Biolab vir die beheer van bakteriese verwelk is toegedien op die proefblok.
Hierdie behandeling het slegs een pestisied middel vir die eerste drie weke ontvang, afgesien van die metielbromied.
Tot op hede is nog geen plant met verwelk by die behandeling geïdentifiseer nie (Fig. A), maar by die kontrole blok is reeds meer as 900 plante verwyder wat verwelk, veral by die pale waar beroking nie optimaal was nie
Dit is belangrik om Dagutat Biolab produkte as 'n voorkomende program te gebruik teen bakteriese verwelk aangesien dié siekte plant vaatweefsel sodanig beskadig dat voeding en water opname baie beperk word.
In Limpopo het 'n tamatieboer 139 ton bemarkbare tamaties afgehaal van die land waarop Terra Dynamics se humien en fulviensure geïntegreer is met sy standaard bemesting, teenoor 116 ton bemarkbare tamaties vanaf die vergelykende land.
Hierdie uitstekende resultate, wat voortspruit uit onder andere merkbare hoër kwaliteit vegetatiewe groei, word herhaal by Terra Dynamics se vele ander suksesvolle tamatieboer-kliënte