Neute :: Macadiamia Resultate op neute by Beumont Trust

Mnr. Andre Swanepoel op die plaas in Nelspruit

Nuts :: Pistachio Neute

Organiese groeikrag vir Pistachio neut kwekery

Photo1Green Valley Nuts is 'n NOK-projek naby Prieska, wat ten doel het om 'n Suid-Afrikaanse pistachio neut industrie te vestig. Die Karoo area is ideaal vir pistachio neut produksie. 'n Kwekery is daar ontwikkel om die plaas en plaaslike boere van boompies te voorsien. 870 Hektaar boompies is reeds aangeplant, met uiteindelik 1000 hektaar onder mikro-besproeiing as doelwit. 20 Hektaar boompies is reeds aan plaaslike boere voorsien.

Terra Dynamics se organies geïntegreerde produkte word alreeds meer as een seisoen in die kwekery met groot welslae gebruik. Gedurende Augustus en Oktobermaand word Terra Dynamics humiensure teen 20 ml per boompie vir wortelontwikkeling toegedien.

Figuur 1 toon dat ten spyte van goeie wortel ontwikkeling van die kontrole het die Terra Dynamics behandeling wortelgroei steeds verbeter .

Photo2Vanaf Oktober tot Februarie word Terra Dynamics se maak pas organies verrykte spoorelemente (sien Nuusbrief se middelblad) twee-weekliks toegedien, afgewissel met organies verrykte bemesting. 'n Organies verrykte kaliumfosfaat word vanaf Maart toegedien - alles teen hoogs kompeterende effektiwiteit en insetkoste.

Figuur 2 toon dat die Terebinthus onderstamme optimaal groei met hierdie organies verrykte voedingsprogram.

Terra Dynamics se ander spesialisprodukte, gerugsteun deur Terra Dynamics se wetenskaplike ondersteuningsdiens, word ook kommersieël by Green Valley Nuts in die boorde gebruik.