Grapes :: Druiwe

Moontlike oorsaak van swak druiwe oeste

DruiweFoto links: Fusarium solani

Panama siekte by piesangs is vir die eerste keer geïdentifiseer in Australia in 1876, alhoewel vermoed word dat dit oorspronklik kom van Suidoos Asia. In die westelike tropiese lande is tot
30 000 hektaar piesangs vernietig tussen 1940 en 1960 deur Panama siekte. In Quepos area in Costa Rica is 6000 hektaar piesangs vernietig deur Panama binne 12 jaar. Panama word veroorsaak deur Fusarium oxysporum f. sp. cubense en is een van die aggresiefste plantsiektes in die wêreld. Die Cavendish tipe piesang kultivars word meer en meer besmet in Australië, Suid-Afrika en die Kanariese eilande.

‘n Tafeldruiwe boer van Kanoneiland het gevra dat Terra Dynamics probeer vasstel waarom die oesopbrengs so swak was en dat stokke baie swak groei. ‘n 1:2 Ekstrak analise het getoon dat die vloedland gronde se voedingbeskikbaarheid van veral Ca en K baie laag is en kan ondermeer aan die pH, slik en klei inhoud van die grond toegeskryf word. Dit was egter nie die enigste probleem nie. Wortel ontwikkeling was baie swak en patogeniese toetse gedoen by die LNR het getoon dat Fusarium solani onder meer teenwoordig is. Sedertdien is F. solani ook in ander vloedlande geïdentifiseer tot sover as Blouputs.

DruiweFoto links: Fusarium solani infekteer die grootste deel van die wingerdstok stam

Die F. solani beweeg met behulp van water in ‘n spoorvorm in die plant se vervoerweefsel, genoem xileem, in. Die spore beweeg tot diep in die vaatweefsel in, ontkiem en koloniseer die vervoerstelsel van die plant. Dit maak dit met verloop van tyd byna onmoontlik vir die plant om water en voeding op te neem. Die eerste bogroei simptome is blare wat geel is op die rand en later raak dit nekroties na binne en sterf af. Die wingerd vorm nuwe trosse tydens die nuwe seisoen, maar op ‘n sekere stadium sterf van die korrels af of selfs die hele tros speen af omdat die plant nie voldoende voeding en water kan vervoer deur die verstopte vaatweefsel nie. Jong wortels sterf eerste af en dit is juis die wortels wat van belang is vir optimale voeding. Op hierdie wyse word oes opbrengs baie benadeel. Dikwels vind ook sekondêre probleme plaas omdat die beskadiging van wortels deur Fusarium veroorsaak dat ander swamme, bakterieë, nematode en filloksera die wortels besmet. F. solani gee dikwels ‘n kenmerkende pienk kleur (Fig. 1) aan die wortels wat ook smetterig kan wees en die bas sit los om die wortels. Op Kanoneiland is gevind dat die swam reeds hoog in die stam (Fig. 2) op beweeg wat verseker tot die swak oes bydrae. Fusarium word versprei deur middel van water, plaas toerusting of grond wat van een punt na ‘n ander geneem word.

Nuwe wingerdstokke wat aangeplant word in hierdie besmette grond gaan van ‘n vroeë ouderdom reeds besmet word en derhalwe sal die wingerd na ‘n paar jaar nie meer ekonomies wees nie. Die Panama navorsing het nog geen oplossing vir die gevreesde Fusarium siekte opgelewer nie. Toetse gedoen in Suid-Afrika op berokings middels toon dat die swam na drie jaar weer die area koloniseer. Verder moet in gedagte gehou word dat berokings middels binnekort nie meer toegelaat gaan word nie.

Dit bleik of Fusarium solani selfs meer aggresief is as Fusarium oxysporum wat Panama veroorsaak. Die Benede Oranje Rivier boere sal dringend aan die probleem moet aandag gee. Terra Dynamics gaan in samewerking met Dagutat Biolab ‘n proef doen op Kanoneiland op ‘n nuwe aanplanting in swaar besmette gronde. Deur die gebruik van aktiewe koolstof produkte soos Ultra Hume vir grond struktuur verbetering en goeie wortel ontwikkeling ondersteun deur ‘n goeie bemestings-program waar Terra Ful (Fulviensuur vir verbeterde voedingstofopname), Terra Spoor en ander produkte soos Terra Cal ingesluit is word gepoog om die nuwe stok so goed as moontlik te vestig. Vir die beheer van Fusarium solani gaan biologiese beheer produkte toegedien word teenoor die kontrole wat chemiese middels sal ontvang.


Terra Dynamics produkte lewer uitvoer kwaliteit tafeldruiwe

 

DruiweHierdie boer se brief sê dit alles:

Graag wil ek net van die geleentheid gebruik maak om u hartlik te bedank vir u hulp gedurende die laaste druiwe seisoen. Die verskil met die gebruik van u produk was van die eerste oomblik van bot af sigbaar gewees. Ek het ‘n baie meer egaliger bot gehad, die groei was baie sterker, en die loot dikte was plus minus 4 tot 5 millimeter dikker as die vorige jaar se lote.

Ek het voorheen gesukkel met egalige korrel grootte, wat hierdie jaar nie die geval was nie. Die korrel grootte was van uitvoer gehalte, en ek wil ook net by sê dat ek vanjaar ‘n uitvoer persentasie van 65% gehad het, waar dit die vorige jaar 10% was! Ek dink regtig dat julle produkte werk vir druiwe en dat julle so voort kan gaan.


Verbeter jou volgende druiwe oes met Terra Dynamics organiese bemesting

 

Sonder organiesHoe lyk u wingerd se wortelontwikkeling?

Nadat die oes verwyder is vind wortelgroei weer plaas. Goeie wortelontwikkeling is krities vir die opname van voeding, veral vir elemente soos Zn en Ca wat by wingerd dikwels kwaliteitsprobleme teweeg bring. Humiensure is bekend daarvoor dat dit wortelontwikkeling stimuleer. In die Benede Oranje Rivier is proewe gedoen op 'n baie swak Sultana Seedless wingerd waarvan die worteldigtheid met 52% verbeter het na die toediening van humiensure. Die gevolg van die beter wortelontwikkeling was 'n 42% verbetering op die oes van uitvoerkwaliteit na uitdun van trosse. Terra Dynamics bied u drie produkte wat spesifiek sal help met wortelstimulering nl. Terra Hume, Amino Hume en Amino Stim.

Wat was die Brix van u huidige oes?

MET ORGANIESDit is reeds by verskeie gewasse bevestig dat die Brix hoër is wanneer anorganiese kunsmis met organiese bemesting geïntegreer word. Die druiweproewe van die Benede Oranje Rivier het getoon dat die gemiddelde Brix waarde nie net verhoog het van 16% na 17% nie, maar ook meer homogeen versprei is deur die tros na die toediening van humiensure. Die kontrole se trosse toon die neiging om bo in die tros 'n lesing te hê van 18% en 16% heel onder, terwyl die behandeling met humiensure 'n Brix van 17% vir die hele tros toon. Die produkte Terra Hume, Amino Hume, Amino Stim en Terra Ful kan gebruik word om u druiwe se Brix te verhoog.

Het u trosse die jaar klein en groot korrels saam op een tros gevorm?

Die elemente wat hier ter sprake is, is K, Zn en B tekorte en Mn toksisiteit. Terra Dynamics verskaf 'n uitstekende mikro-element produk nl. Terra Spoor. Terra Spoor kan volgens die grond- en plantomstandighede aangepas word. Met ander woorde indien Mn toksies is in die grond kan dit weggelaat word uit die Terra Spoor produk. Terra Spoor bevat fulviensuur wat optree as draer vir die mikro-elemente in plaas van 'n chelaat soos EDTA. Verder kan Terra K Nit, Terra K Sul en Terra K Ac ook as 'n K bron voorgeskryf word. Hierdie produkte bevat almal fulviensuur.

Een van die redes vir die afsterf van druiwe steeltjies is die Ca:Mg- verhouding.

Alhoewel die "Waterberry" effek aan baie verskillende faktore toegeskryf kan word bestaan daar literatuur om te wys dat Ca:Mg verhoudings 'n rol speel. Ca word egter nie altyd in voldoende konsentrasies deur die plant opgeneem nie. Ca speel 'n belangrike rol in selwande en kan ook in die druiwekorrel se selwande self 'n baie belangrike rol speel vir bv. rakleeftyd. Terra Dynamics bied u uitstekende Ca en Mg produkte nl. Terra Cal, Terra Cal Ac, Terra Cal, Terra Cal Prop, Terra Mag, Terra Mag Ac en Terra CalMag.

Al die Terra Dynamics produkte in die nuusbrief weergegee, is vloeibaar.

Feite van 'n druiwesukses

Vorige seisoen:

Geen oes weens wortel beskadiging deur grondperel.

Huidige seisoen:

3000 x 4kg kissies/ha agv verbeterde wortelontwikkeling met aanwending van Terra Hume teen 1600 liter per hektaar.